Bergrivier
Terug na hoofblad

Devon sê dankie

Devon Blaauw is `n skugter vyftienjarige atleet, leerder by Hoërskool Weston en lid van die Langebaan Atletiekklub.

Hierdie jong atletiek stêr het `n skitterende seisoen agter die rug en is tans die Weskus-, Wes-Boland, Boland- en Wes-Kaap kampioen in die 400m en 800m-afstande.

By die onlangse Suid-Afrikaanse Hoërskool Atletiekkampioenskappe in Port-Elizabeth het hy weer gewys wat in hom steek en uitstekend gevaar deur beide items se finale te haal en het in beide die 4de plek losgehardloop, wat hom die vierde vinnigste atleet in sy ouderdomsgroep in Suid-Afrika maak. Langebaan Atletiekklub is seker dat `n groot toekoms op Devon wag. Devon het `n spesiale woord van dank gerig aan elkeen wat `n finansiële bydrae gemaak het dat hy dié seisoen soveel sukses kon behaal. Dit het hom in staat gestel om op sy atletiek te fokus en alle byeenkomste by te woon.

Jou Goeie Nuus - Gratis - Koerant met 'n Verskil in die Swartland - Ons dien en bou © die courant hou kopiereg op alle inhoud van hierdie webwerf en geen deel daarvan mag sonder die bestuur se toestemming gekopieer word nie.