Swartland
Terug na hoofblad

Tweede ronde skop af

Die tweede ronde van die Groot Uitdaag-beker skop hierdie naweek af en ondersteuners kan ‘n paar smullekker-wedstryde verwag. Piketberg speel Saterdag gasheer vir Wesbank van Malmesbury.

Piketberg het in die eerste ronde baie bestendig vertoon op hul tuisveld, maar het egter bietjie gesukkel op die pad.

Die Rhinos, soos Piketberg bekend staan, sal wil voortbou op hul goeie vertonings tydens die eerste ronde en sal Wesbank se aanspraak op die liga-titel 'n verdere knou wil toedien.

Wesbank sal in die tweede ronde met net meer ondernemingsgees wil begin, om seker te maak hul bly in die wedloop vir n plek in die top-6. Wesbank het vir die afgelope drie naweke gerus en sy spelers sal wil wys dat hulle weer op volle vaart is.

Wesbank sal fokus op bonuspunt-oorwinnings in die tweede ronde en met spelers soos Reduwaan April, Gavern Skippers en Devon Van Niekerk in hul geledere, kan Piketberg ‘n groot aanslag van die rooi en wit stoom trein verwag. Wesbank behoort hierdie wedstryd met meer as tien punte te wen.

Moorreesburg het in die eerste ronde by tye groot potensiaal getoon en gewys dat hy oor die nodige ammunisie beskik om saam met die groot honde te blaf.

Wisselvalligheid was egter ‘n groot kopseer en veral weg van die huis, het die Samoa-span gesukkel.

Moorreesburg speel Saterdag gasheer vir ‘n Darling- span, wie tans stert in die lug loop met sy onoorwonne status in die eerste ronde. Darling het die hele eerste domineer en gewys waarom hy as die gunsteling beskou word om die Swartland-streek te verteenwoordig in die uitspeelrondes. Albei spanne beskik oor talentvolle agterspelers en dit sal veral interessant wees om te sien hoe die skakelpare van Flippie Jacobs en Jaydon Markus opweeg teen Ethan Sias en Macallistiar Korah van Darling.

Darling sal wil voortbou op sy goeie vorm, maar Moorreesburg het gewys dat hy vir groot opskuddings op sy tuisveld kan sorg.

Dit behoort ‘n baie taai wedstryd te wees, aangesien die spanne in die tweede ronde ekstra motivering sal het om die onoorwonne status van Darling te breek.

Moorreesburg behoort Saterdag vir Darling te wys dat die tweede ronde baie moeiliker as die eerste rondte sal wees met ‘n naelskraapse opskudding van minder as vyf punte vir Moorreesburg op die kaarte.

Abbotsdale reis Saterdag na Good Hopes van Riebeek-Wes met baie selfvertroue, nadat hulle die eerste ronde goed afgesluit het.

Abbotsdale is nog steeds in die wedloop om die top-6 en met ‘n paar goeie vertonings in die tweede ronde, kan hulle dalk net kaarte deurmekaar krap vir die gunstelinge.

Good Hopes is egter ‘n span wat baie goeie vertonings tydens die eerste ronde gelewer het.

Die wedstryd behoort vir groot opwinding te sorg veral agterlangs met albei spanne wat ‘n goeie balans handhaaf tussen hulle aanvallende spel en hul verdediging.

Good Hopes behoort egter hul tuisveld voordeel goed te benut en Abbotsdale ‘n taai wedstryd met minder as sewe punte te klop.

Porterville ontvang besoek van ‘n Coronations-span wat net nie aan die gang kan kom nie. Beide spanne sukkel tans om regtig hul stempel af te druk.

Porterville speel altyd goeie rugby op hul tuisveld en Coronations se treurmare behoort voort te duur Saterdag as hulle met meer as tien punte vasval teen Porterville.

Never Despair het Saterdag ‘n loslootjie.

Jou Goeie Nuus - Gratis - Koerant met 'n Verskil in die Swartland - Ons dien en bou © die courant hou kopiereg op alle inhoud van hierdie webwerf en geen deel daarvan mag sonder die bestuur se toestemming gekopieer word nie.