EntertainmentFEATUREDNews

Darling Voorkamerfest vier 14de jaar met 21 produksies

Darling is slaggereed vir die naweek se 14de Voorkamerfest wat weer spog met 21 uiteenlopende produksies – deur 60 professionele kunstenaars van Suid-Afrika en elders.


Die unieke dinamika van die fees het ‘n verrassingselement omdat feesgangers nie vooraf weet watter drie vertonings op die roete wag waarvoor hul ‘n kaartjie gekoop het nie.

Ancient Voices


Daar is vanjaar van Vrydagaand (6 September) tot Sondagmiddag (8 September) sewe roetes wat gaste neem na die intieme optredes in inwoners se huise (voorkamers) met plaaslike taxi’s wat die gaste vervoer na die drie “voorkamers” waar die optredes plaasvind vir ‘n maksimum van 25 gehoorlede per lokaal.


Vanjaar se kunstenaars is Dame Janet Suzman; Langsous; Anna Davel; Wendy Oldfield; Mixed Mense; The ARCO Project; Ooh La La; Soma Fusion Bellydance; Jenny & the Jameses; Mawonga Gayiya; Sabu; Hatchetman; Sindiwe Magona; Ancient Voices; Man By Nyte; Face Time; Pravda; Affrodizzyacts; Bryan Miles; Sima en The Probz Trio.
Die drie opvoerings duur ongeveer 30 minute elk.


Die organiseerders het hul waardering uitgespreek vir die geleentheid om saam te werk met ondernemings soos The Fugard Theatre, Kyknet, Wesgro, Rupert Musiekstigting en die mense van Darling – “wat dit moontlik maak vir Voorkamerfest om voort te gaan om die impak van die uitvoerende kunste in ons plaaslike gemeenskap en verder uit te brei”.
21 huiseienaars oor die spektrum van Darling se gemeenskap maak weer vrywillig hul huise oop om die teaterproduksie aan te bied.
Kaartjies kan hier https://www.quicket.co.za/events/78235-2019-voorkamerfest… aanlyn gekoop word vir een of meer van die unieke sewe roetes (wat volgens kleure gemerk is).

Vrydag 17:00 – R 210; Saterdag 12:00 – R 270; Saterdag 17:00 – R 270; Sondag 12:00 – R 270.

Vanjaar word R10 van elke kaartjie wat verkoop word, aan die projekte en programme van The Darling Trust geskenk.

Leave a Reply

error: Content is protected !!