LDU se Lumé wen op Jeugskou
‘n Leerder van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg, Lumé van Heerden, het op die Nasionale Jeugskou op Vryburg ‘n eerste plek behaal in haar Skoumanskap-afdeling.
‘n Totaal van 461 kinders uit verskeie provinsies het in die onderskeie afdelings meegeding.
Pluimvee is een van die afdeling op die jeugskou.
Lumé was ook die jongste junior en het algeheel 3de geëindig in die Nasionale Junior Pluimvee-afdeling!
Die Westelike Provinsie het vanjaar vir die 14de keer die meeste punte verower tydens die skou en weer weggestap met 1ste plek.
Naas die afdeling vir die skou met vee en pluimvee is daar ook afdelings vir kulinêre kuns en suiwelbereiding.