Gaan jou data op huiselys na – minister

Die Wes-Kaapse regering in samewerking met plaaslike munisipaliteite in die Weskus-distrik bied inwoners die naweek die geleentheid om hul inligting on die behuisingsdatabasis na te gaan en by te werk.

Die projek word in samewerking met die Swartland, Bergrivier, Cederberg, Saldanhabaai en Matzikama munsipaliteit aangebied.

Die provinsie het inwoners daarop gewys dat dit belangrik is om seker te maak hul inligting op die databasis is op datum, omdat dit ‘n direkte impak kan hê op wie die keuses vir behuisingsgeleenthede val.

Die Wes-Kaapse minister belas met menslike nedersettings, Tertius Simmers, het aan dié courant gesê dit is belangrik dat inwoners seker maak hul inligting op die databasis is op datum, omdat dit ‘n direkte impak kan hê op wie die keuses vir behuisingsgeleenthede val.

Hy het bygevoeg dat hul besig is met ‘n projek vir selfone waar inwoners maklik toegang kan kry tot die inligting wat vir hulle sal aandui waar hulle hulself in die proses bevind.

“Dit is ook belangrik om daarop te let dat hoe lank jy op die databasis is, nie die enigste maatstaf van toekenning is nie, maar daar ook ander faktore is wat ‘n rol speel.”

Die komende opdatering- en registrasiegeleentheid vind Saterdag van 09:00 tot 17:00 by verskillende lokale op die volgende dorpe plaas: Riebeek-Kasteel, Langebaan, Vredenburg, Velddrif, Porterville, Piketberg, Clanwilliam, Citrusdal, Vredendal en Vanrhynsdorp.
Vir nuwe registrasies, sal inwoners die volgende stawende dokumente moet indien:
– volledig ingevulde aansoekvorm
– ‘n Afskrif van die ID-dokumente van beide aansoekers
– ‘n Afskrif van die huweliksertifikaat, indien van toepassing
– ‘n Afskrif van geboortesertifikate, indien van toepassing
– ‘n Afskrif van SASSA / hospitaaldokumentasie indien dit ongeskik is
– ‘n Afskrif van SASSA-kaart / dokumentasie indien pensioenaris
– ‘n Bewys van werkloosheid, indien van toepassing
– ‘n Afskrif van die betaalstrokie, indien van toepassing
Vir opdaterings, moet inwoners slegs toepaslike dokumente wat sedert hul aanvanklike registrasie verander het, indien.Voorbeelde daarvan sluit in ID-dokumente, huwelik-, egskeiding-, dood- en geboortesertifikate.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!