Standaard van makro-inskrywings by SFK hoog – Stipp

Die standaard van makro-foto’s wat lede van die Swartland Fotografieklub (SFK) vandeesmaand vir die klub se maandkompetisie ingeskryf het, was besonder goed.

Só het beoordelaar Andre Stipp gesê nadat hy die wenners aangewys het.
Die algehele wenfoto van die aand, Come closer deur Herman Olivier van Malmesbury, was ook die senior en temawenner.

Come Closer deur Herman Olivier

In die junior kategorie het Hersia de Jager van Riebeek-Wes die wenfoto, Boom, ingeskryf.

Boom deur Hersia de Jager

Ander foto’s wat 24 en meer uit 30 behaal het, was Rina Engelbrecht se tired, Rina Engelbrecht se fine seed, Pieter Swart se Colours of Beauty, Johan Viljoen se sommige deure sal vir jou oop bly, Herman Olivier se Shelley Point, Johan Viljoen se die regbank is in puin en Theuns Olivier se Cabbage Butterfly.
Die klub se volgende vergadering is op 12 Maart in die keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord in Bergzichtstraat, Malmesbury en die tema is “Abstracts/Altered reality.”
Belangstellendes kan die voorsitter, Adriaan Vlok, kontak by 083 707 8565.

tired deur Rina Engelbrecht
fine seed deur Rina Engelbrecht
Colours of Beauty deur Pieter Swart
sommige deure sal vir jou oop bly deur Johan Viljoen
Shelley Point deur Herman Olivier
Cabbage Butterfly deur Theuns Olivier
die regbank is in puin deur Johan Viljoen

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!