Latest

Swart se ‘Wolke Skouspel’ oes louere by Fotoklub

Die Swartland Fotografieklub het gisteraand weens die Corona-inperking sy tweede virtuele klubbyeenkoms gehou met Stephen Burgstahler as beoordelaar.
Die byeenkoms is op die Starleaf-platform gehou waar foto’s weer aanlyn vertoon kon word terwyl Burgstahler dit beoordeel het.

Lede neem aan die byeenkoms deel en word dan op die agtergrond geskuif terwyl beoordeling plaasvind terwyl almal na die betrokke inskrywing kyk.
Daar is ook ‘n opsie om sonder kameravoer van die gas se rekenaar/selfoon in te skakel en nog ‘n opsie om met ‘n skakel slegs die verrigtinge te volg.

Wolke Skouspel © Pieter Swart

Die algehele wenner van die aand was ‘n werk deur Pieter Swart van Malmesbury. Wolke Skouspel was ook die senior wenner.

Big Sky Ranch Sunset © Herman Olivier

In die junior afdeling het Chantal Pieters van Moorreesburg met Gekroon die louere ingeoes en Rina Engelbrecht van Koringberg het in die selfoonafdeling, wat onlangs deur die klub ingestel is, gewen met haar foto van ‘n ketel op ‘n koolstoof.

© Rina Engelbrecht

Die selfoonafdeling is ingestel om selfoonfotografie te bevorder en die klub meer toeganklik te maak vir lede van die publiek en kinders wat slegs selfoonfotografie doen.

Gekroon © Chantal Pieters

Die klub se maandtema vir Mei was Golden Hour/Blue Hour en Herman Olivier het die wenner Big Sky Ranch Sunset in dié afdeling ingeskryf.
Vir die volgende byeenkoms in Junie is die tema Plaasdiere.

Die klub se byeenkomste (normaalweg in die Keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord of tydens grendeltyd aanlyn) is elke tweede Donderdag van die maand om 19:00.
Belangstellendes kan die voorsitter, Adriaan Vlok, kontak by 083 707 8565.

Leave a Reply

error: Content is protected !!