EntertainmentFEATURED

Rata-seisoen open met Covid Moons

Dis amptelik. Die eerste teaterseisoen van die nuwe Royal Arts Town-amfiteater (Rata) op Riebeek-Kasteel word geopen met die wêreldpremière van ‘n splinternuwe produksie deur die bekroonde regisseur Clare Stopford.
Die nuwe toneelstuk Covid Moons open op 13 November en sal die eerste produksie wees wat hier op die planke gebring word met die amptelike opening van dié teater.

Covid Moons is geskryf deur Stopford wat ook die regie sal behartig met stelontwerp deur Mark Graham-Wilson.
Dié toneelstuk, vertel Stopford, is ‘n insiggewende blik op die eerste paar dae van ons nuwe wêreldorde, nadat hy in die Covid 19-inperking gedompel is.
Dit handel oor twee jong mense wat op splinternuwe, onbekende terrein van Covid 19 hul pad vir ‘n nuwe verhouding sonder aanraking en intimiteit moet vind en uitkap om mekaar op ‘n unieke manier te ontdek – ‘n effe eksentrieke Afrikaanse kunsstudent en haar jong swart diamant uit Gauteng.

Clare Stopford en Mark Graham-Wilson

‘n Spieël op hoe hierdie verhouding in die nuwe omgewing ontwikkel – soms komies maar ook aangrypend en roerend.
Graham-Wilson, ook die direkteur van die Rata, sê die res van die somerprogram vir die teater tot vroeg in Mei 2021 is bykans gefinaliseer.
Dit sluit bekende en bekroonde akteurs en musikante in met ‘n mengsel van komedie, stories, musiek en avant-garde uitvoerings.

Leave a Reply

error: Content is protected !!