Latest

Biblioteke in die Swartland weer oop

Al die biblioteke in die Swartland munisipale area is van môre, Dinsdag 18 Augustus, weer oop vir die publiek.
Die diens sal aanvanklik net met tydelike ure gelewer word.

Die tydelike ure is:
Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 13:00 en van 14:00 tot 16:00.
Volgens Ilse Loock van die Swartland Munisipaliteit stel die verkorte ure die biblioteke in staat om die nodige sanitering te doen vir almal se veiligheid.
Daar is ook vir die interim-tydeperk beperkte dienste beskikbaar. Boeke sal ontvang en uitgeneem kan word, maar besoekers sal nie in die biblioteke kan studeer nie en die lees van materiaal word ook nie toegelaat nie.

“Slegs drie tot ses besoekers sal op ‘n keer toegelaat word vir ‘n maksimum van 30 minute.
Dit sal almal ‘n kans gee om ons te besoek.
“Ons doen ook ‘n beroep op u om asseblief alle uitstaande boeke terug te bring. Ons sien uit om u weer te sien,” het sy bygevoeg.
‘n Personeellid sal besoekers by die deur ontmoet en die nuwe proses verduidelik.

Leave a Reply

error: Content is protected !!