Nuweland Dormers behaal hoogste pryse
Op die agtste jaarlikse Wes-Kaap Dormerveiling verlede week het ‘n ram en ooi van Nuweland Dormers buite Malmesbury die hoogste pryse in hul klasse behaal.
Die ram wat die hoogste prys van R21 000 behaal het, is deur Zakkie Walters van Karnmelksvlei by Graafwater gekoop.
Die Swartlandse stoet, Philco Dormers, het die duurste ooi (dragtig) vir R5600 gekoop.
Ewan Louw van Nuweland Dormers sê hulle is tevrede met die pryse al is die gemiddelde laer as in 2019. “Maar 2019 was ‘n mal jaar en almal se pryse is nou ook ‘n bietjie laer.”
Nuweland het verlede jaar ‘n rekordprys vir dié veiling behaal toe ‘n ram vir R36 000 aan Barend Uys van Mosselbaai verkoop is.
Op verlede week se veiling het Rhenosterbosrug Dormers ook van Malmesbury die naashoogste pryse vir ‘n ram (R20 000) en ooi (met drieling) R5 400 behaal.