Latest

Damme nou voller as in 2019

Die vlakke van die vernaamste opgaardamme het die afgelope week nog ‘n hupstoot gekry met goeie reëns en ook sneeu waarvan die afloop nog die damme sal bereik.
Die jongste beskikbare gesamentlike syfer van die Stad Kaapstad se voorsieningsdamme is op 90,6% met die Voëlvleidam op 89,4%. Dié dam wat die grootste gedeelte van die Swartland bedien, se vlak is vandag 4,5% hoër as verlede Maandag.

Op die ooreenstemmende datum verlede jaar was die Voëlvleidam 87,9% vol.
Die provinsie se grootste opgaardam, die Theewaterskoofdam by Villiersdorp, is tans in vergelyking die volste sedert 2014 op 87,7%.
Die provinsiale minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die reënseisoen was tot dusver goed en om damme te help om te herstel.

“Die grondwatervlakke regoor die provinsie sal ook ietwat aangevul word deur die aanhoudende reëns wat ons gesien het. Die onlangse sneeuval oor die berge sal beslis die vlakke verder verhoog in die komende weke.”
Bredell het die boodskap aan verbruikers herhaal om aan te hou om water verantwoordelik en spaarsamig te gebruik.
Die Bergrivierdam is tans 100% vol en so ook die Clanwilliamdam.

Leave a Reply

error: Content is protected !!