EntertainmentLatest

‘Arts Town’ kry momentum

Die aktiwiteite van die Arts Town Riebeek Valley-beweging het die afgelope naweek ekstra momentum gekry met die opening van die Stone Circle- en Boat Circle-projekte.
Beide dié installasies is te sien by die nuwe Rata (Royal Arts Town-amfiteater) by die Royal Hotel op Riebeek-Kasteel onder die leiding van die bekende kunstenaar Emma Willemse, wat in die vallei woon.

Jonger kunstenaars wat by The Arteri (‘n kunssentrum op die dorp) betrokke is, het die klipsirkels gebou met klippe wat uit die groter omgewing versamel is.
Die sestien klipsirkels in die amfiteater is so geplaas om ook as buffer te dien in die handhawing van sosiale afstand met die huidige Covid-pandemie.
Volgens die huidige beplanning sal dié installasie/uitstalling duur tot die einde van die Rata se eerste teaterseisoen wat in April 2021 eindig. Die kliipe sdal dan weer na hulle plekke van oorsprong teruggeneem word.
Die program van Rata open in November met die eerste produksie, Covid Moons, se premiére. Dié teaterstuk is geskryf deur Clare Stopford.
Die teater sal die ervare Kobus Rossouw gebruik vir beligtingsontwerper en as tegniese koördineerder.
Teaterdirekteur Mark Graham Wilson sê die teaterseisoen sal uit 10 produksies bestaan met bekendes soos Dorothy Ann Gould, Godfrey Johnson, Roger Lucey en Hannes van Wyk.

Die amfiteater is jare gelede deur die hoteleienaar, Robert Brendel, gebou en is destyds deur die Swartland Revolution benut en sal nou vir die eerste keer as teater gebruik word.
Daar is die afgelope paar maande reeds 4 Poetry Jam-geleenthede in die amfiteater aangebied en dit sal voortaan maandeliks op dieselfde naweek as Riebeek First Fridays gehou word.
Laasgenoemde skop weer op 2 Oktober af.
Rata kan tot 100 gaste huisves met genoeg sosiale afstand in terme van huidige Covid-regulasies.

# **"Arts Town" **# **Riebeekvallei **# **kry momentum****https://diecourant.co.za/2020/09/07/arts-town-kry-momentum/**'n Blik op die afgelope naweek by die nuwe Royal Arts Town amfiteater op Riebeek-Kasteel.

Posted by dié courant on Monday, 7 September 2020

Weens die regulasies en om die risikos vir almal betrokke te beperk, sal Rata in die eerste seisoen ook net fokus op produksies met ‘n klein rolverdeling.
Die Boat Circle-installasie by Rata is ‘n labarint wat so ontwerp is om ook sosiale afstand te verseker en die in- en uitgange is – anders as normaalweg – verskillede roetes. Dit eindig by ‘n boot waar besoekers, ook as as selfterapie, ‘n klip kan plaas om dit simbolies saam met die boot te laat wegvaar.
Naas die uitvoerende kunste, is Solo Studios- Intimate Art Encounters onder leiding van Klaus Piprek ook vanjaar noodgedwonge weens die pandemie na Desember verskuif.
Dié kunsnaweek wat sedert 2016 jaarliks in gewildheid toegeneem het, vind vanjaar van 11 tot 13 Desember in die vallei plaas.’n Kunsnaweek wat beslis nie misgeloop moet word nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!