EntertainmentFEATURED

Span kyk na Solo Studios 2020 en vorentoe

Die organiseerders en deelnemende kunstenaars en rolspelers by die afgelope 2020 Solo Studios in die Riebeekvallei het ‘n nabetragtingsessie gehou om oor die uitdagings en suksesse van 2020 te gesels en oor die pad vorentoe te besin.
Dit is ‘n jaarlikse instelling. Verskeie idees en voorstelle, ook dié terugvoer uit ‘n meningsopname, is op die vergadering by Red Tin Roof bespreek.

Organiseerder Klaus Piprek het gesels oor besoekertalle, kaartjieverkope asook die kunsverkope en ook die vergelyking met betrekking tot die vorige jare se Solo Studios.
“Al word datums en voorstelle oorweeg, is daar tans nog nie finale besluite oor toekomstige datums en moontlike nuwe konsepte geneem nie,” het hy gesê.

Solo Studios maak tans deel uit van Arts Town Riebeek Valley, wat ook die Royal Arts Town-amfiteater onder direkteurskap van Mark Graham-Wilson insluit.

Leave a Reply

error: Content is protected !!