FEATUREDSchoolsSports

HSS 1ste XI begin jaar met goeie sege

Om die jaar af te skop het die eerste krieketspan van die Hoërskool Swartland vandag ‘n klinkende oorwinning oor die besoekende span van die Hoërskool Bredasdorp behaal.
Die anker in die tuisspan se kolfbeurt van ‘n goeie 299 lopies, was André Pienaar wat ‘n kapteinsbeurt van 133 lopies met die kolf gemoker het. Hy het tot in die laaste van 50 boulbeurte bly staan toe die bal op sy paaltjies beland het. Ses van Swartland se paaltjies het gekantel.

Swartland het eerste gekolf en Pienaar se allemintige 133 van 134 balle is ondersteun deur Wiaan van Reenen se 67 en Reuben Tharratt se 50.
Die besoekers is daarna in die 34ste boulbeurt van hul kolfbeurt almal uitgeboul vir 120 lopies. Met die bal het Billy van Zyl (3 paaltjies), Hanré Pieterse (2 paaltjies) en Carlo van der Merwe (2 paaltjies) die beste gevaar vir die tuisspan.

Leave a Reply

error: Content is protected !!