Agri/BusinessFEATURED

Plaaslike diens, waardes, boustene by Marturia veselinternet

Promosie

Die aanlê van Cornergate Technologies se hoë-spoed optiese veselinternetnetwerk in Malmesbury vorder fluks.
Die oop netwerk wat uiteindelik deur verskeie diensverskaffers gebruik sal kan word, word deur Marturia Fibre Optic Services aangelê nadat toestemming van die Swartland Munisipaliteit verkry is.

dié courant het met die bestuur gesels vir ‘n advertensie-artikel om meer oor Marturia uit te vind.
“Plaaslik,” só kom dit gesamentlik uit Adele en Stiaan Carstens se mond as jy hul vra oor Marturia se fokus. Hulle voeg by dat waardes en persoonlike diens net so belangrik is.
“In hierdie tye is plaaslik ondersteun van uiterste belang, maar dit is nie nodig om enige diens of gemak in te boet nie.”

Cornergate en Flynet lewer reeds in die voltooide woonbuurte van Tafelzicht en Panorama die hoëspoed-veseldiens en hul basis is op Malmesbury.
Met 25 jaar ondervinding in konstruksie en siviele dienste en 8 jaar in veselinternet lê Marturia (“Dié woord beteken getuienis,” sê Adele as hoofbestuurder) die netwerk aan met ‘n top-span tegniese personeel.

Van die lede van die bestuurspan. Voor is Etienne Engelbrecht en Stiaan Carstens. Agter staan Markus van der Merwe, Deré Carstens en Teach Kwaramba.

Die operasionele bestuurder Deré en tegniese bestuurder Adiaan het jare se ondervinding en word as van die beste in die land beskryf as dit kom by die uitrol van velselinternet.

Adiaan Carstens

Hulle het voorheen veselprojekte gedoen soos ‘n baie groot projek in Kampspaai en ander projekte teen die kus soos Knysna en George asook in Johannesburg. Daarna ook vir Drakenstein Munisipaliteit op Wellington, hul mees onlangse projek voor hul met siviele werk in Malmesbury afgeskop het.
“Dit is vir ons belangrik om ‘n verhouding met kliënte te bou en seker te maak daar is ook baie goeie rugsteundienste beskikbaar om ons juis te onderskei,” sê Stiaan, Marturia se oorhoofse bestuurder.

Christeon Carstens sal voortaan by bemarking betrokke wees.

“Marturia wil ‘n eenstopdiens lewer vanaf die grawe van die sloot tot die tegniese ondersteuning.
“Ons los jou nie. Ons sal toesien dat jy persoonlike diens ontvang.”
Die span is tans in Bergzicht besig. Dit kan nog ongeveer twee maande duur voor hulle met werke in Amandelrug en die Wingerd begin.

Adele Carstens (links) saam met lede van die bemarkingspan, Niel du Plessis, Ilanza Carstens, Gerrit Bloem en Chantell Bloem.

‘n Span bemarkers is kliphard aan die werk om inwoners van diens te wees en van die hoë spoed optiese veselinternet te vertel.
Adele sê: “Die plesier om die mense te dien en met hulle kontak te hê, is wonderlik.

“Die gemeenskap kan ook gerus wees. Elkeen van ons personeel sal deurlopend sigbaar die Marturia-embleem vertoon. Ons is trots op ons waardes en geen werkers van Marturia sal ‘n perseel betree sonder die eienaar se medewete en toestemming nie.”

Naas Deré en Adiaan, sal hul ander seun Christeon voortaan by die bemarking betrokke wees en so ook hul dogter Ilanza.
En die toekoms van dié familiebesigheid? “My en Stiaan se visie is om ‘n generasie verder vir ons kleinkinders te voorsien.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!