Langtafel in die bos goed ontvang

Die Covid-maatreëls wat die gasvryheidsbedryf en onthaallokale steeds beperk, noop eienaars om nuwe aksies te loods. Só het die Allesverloren Funksiesentrum die naweek hul eerste langtafelgeleentheid in die bloekombos aangebied.

Eienaar Bertus Bester het gesê hy droom al ‘n paar jaar van die langtafel nadat hulle vroeër ook kleiner geleenthede in die bos begin aanbied het.
Die gaste wat die aand bygewoon het, was vol lof. Die langtafel was vir 120 mense gedek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!