Olyfoes hierdie naweek op Riebeek gevier

Dit is hierdie naweek weer die gewilde First Fridays op Riebeek en met die Olyffees wat vir die tweede jaar nie kan plaasvind nie, neem First Fridays die vorm van ‘n olyfoesnaweek aan.

Die vieringe skop Vrydag af met kunsuitstallings, kos-, olyfolie- en wynparings en ondernemings wat later sake doen in ‘n feestelike musiekatmosfeer.
Saterdag is daar ‘n spesiale Olyfoesmark met die parings en uitstallings wat ook voorduur. Daar is ook ‘n geleentheid om die vars olyfolies te proe en nog musiekoptredes.

Op Sondag se program is daar in die oggend weer ‘n kos-, olyfolie en wynparing asook die gewilde Poetry Jam by die Royal Arts Town-amfiteater. Digters kry die geleentheid om van hul werke voor te lees. Daar is ook altyd ‘n “open mic”-geleentheid vir ongeskeduleerde poësievoorlesings.

Só lyk die program:

Vrydag 7 MEI 2021

Sander Mahieu Solo-uitstalling – Rooted
10:00 – 16:00 @ Gallery 7 on Plein, Riebeek-Kasteel

Groepsuitstalling Look me in the Eye
10:00 – 16:00 @ RK Contemporary Gallery, Hoofstraat, Riebeek-Kasteel

Ceramics Gallery deur Garth Meyer
12:00 – 18:00 @ Garth Meyer Studio, Kloofstraat 15, Riebeek-Kasteel
(NB: Skakel 083 412 8098 as u by die hek kom)

Paring: Kos met olyfolie en wyn
17:00 -18: 00 met Het Vlock Casteel & Riebeek Valley Wine Company
@ Riebeek Valley Wine Co Emporium, Short Street, Riebeek-Kasteel
NB: Bespreking noodsaaklik – R150 pp @ info@hetvlockcasteel.co.za
(Beperk tot 10 gaste per sessie)

Scent & Touch Immersive Experience
17:00 – 20:00 @ Still Pure, Riebeek Kasteel
(Plus ‘n nek- en skouermassering van 20 minute met Nico Rens vir slegs R50)

First Fridays Arts Town Riebeek Valley – Shop, Eat, Art!
17:00 – 20:00 @ Riebeek-Kasteel & Riebeek-Wes

REVIVE! Openbare Beeldhou-uitstalling
18:00 – 18:30 @ Short Street, Riebeek-Kasteel

Musiek verskaf deur Tunes Studio
18:00 – 20:00 @ Riebeek Valley Wine Company Emporium, Short Street

Musiekuitvoering deur Fanie Velskoen
18:30 @ Jolly Olive Pub & Bistro, Riebeek Kasteel

Saterdag 8 MEI 2021

Sander Mahieu Solo-uitstalling – Rooted
09:00 – 14:00 @ Gallery 7 on Plein, Riebeek-Kasteel

Paring: Kos met olyfolie en wyn
10:00 – 11:00 met Het Vlock Casteel & Riebeek Valley Wine Company
@ Riebeek Valley Wine Co Emporium, Short Street, Riebeek-Kasteel
NB: Bespreking noodsaaklik – R150 pp @ info@hetvlockcasteel.co.za
(Beperk tot 10 gaste per sessie)

First Fridays Olive Harvest Market
10:00 – 14:00 @ Tennisbne op die Plein, Riebeek-Kasteel

Ceramics Gallery deur Garth Meyer
10:00 – 15:00 @ Garth Meyer Studio, Kloofstraat 15, Riebeek-Kasteel
(NB: Skakel 083 412 8098 as u by die hek kom)

Groepsuitstalling Look me in the Eye
10:00 – 16:00 @ RK Contemporary Gallery, Hoofstraat, Riebeek-Kasteel

Olive Boutique Harvest Table Celebrating the 2021 Olive Oil Harvest
11:00 – 16:00 @ Olive Boutique, Riebeek-Kasteel
Proe die eerste Frantoio-olyfolie van die seisoen. Met varsgebakte Swartland-ciabatta, ‘n caprese-slaai en tuisgemaakte labneh om die lekkerte van vars, gefiltreerde olyfolie te waardeer.
(NB: Geen besprekings nodig nie – R25 p.p. Ginsmiths boetiek-gin sal ook op die dek beskikbaar wees om te proe)

Paring: Kos met olyfolie en wyn
14:00 – 15:00 met Het Vlock Casteel & Riebeek Valley Wine Company
@ Riebeek Valley Wine Co Emporium, Short Street, Riebeek-Kasteel
NB: Bespreking noodsaaklik – R150 pp @ info@hetvlockcasteel.co.za
(Beperk tot 10 gaste per sessie)

Karaoke-partytjie
18:00 tot laat @ Jolly Olive Pub & Bistro

Sondag 9 MEI 2021

Paring: Kos met olyfolie en wyn
09:30 – 10:30 met Het Vlock Casteel & Riebeek Valley Wine Company
@ Riebeek Valley Wine Co Emporium, Short Street, Riebeek-Kasteel
NB: Bespreking noodsaaklik – R150 pp @ info@hetvlockcasteel.co.za

Sander Mahieu Solo-uitstalling – Rooted
10:00 – 14:00 @ Gallery 7 on Plein, Riebeek-Kasteel

Groepsuitstalling Look me in the Eye
10:00 – 14:30 @ RK Contemporary Gallery, Hoofstraat, Riebeek-Kasteel

Arts Town Riebeek Valley Poetry Jam
10:30 – 11:30 @ Royal Arts Town-amfiteater, The Royal Hotel

Leave a Reply

error: Content is protected !!