‘Live in Lisbon’ op Riebeek-Kasteel
Hul het 21 jaar gelede hul eerste vertoning saam gedoen en tussen elkeen se sololoopbaan deur die verhoog sedertdien menige maal gedeel in lande soos Nederland, die Verenigde Koninkryk, Italië, Frankryk en Portugal.
Die bekroonde Nibs van der Spuy en Guy Buttery kom maak musiek en tokkel dié naweek in samwerking met Hoofstraat Conceptual die kitare in die Swartland in die Royal Arts Town-amfiteater (Rata) op Riebeek-Kasteel.
Covid-19 het hul toerplanne verlede jaar in die wiele gery en hul laaste vertoning saam was laat in 2019 in Portugal op die oewer van die Taagrivier. Die vertoning is opgeneem.
Van der Spuy vertel: “Dit was ‘n hele tyd sedert ons saam opgetree het, maar al die elemente was nog daar. Nie een van ons was bewus dat als perfek opgestel was en dat ons opgeneem is nie. Dit was ‘n intieme omgewing in Portugal en ‘n wonderlike aand. Nou kan ons dit met die res van die wêreld deel. “
Dié twee musikante onderneem nou ‘n toer deur die Kaap en Kwazulu-Natal om dié album, Live in Lisbon, bekend te stel.
Dié album was ook vanjaar genomineer vir ‘n Sama in die afdeling vir Beste Klassieke/Instrumentele album.
Die vertoning by Rata is Saterdagaand 16 Oktober om 20:00.
Bespreek kaartjies by https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1508005155
Meer besonderhede by https://artstown.co.za/events/nibs-and-guy/