LatestSchools

1200 jong spelers by CPM se 20ste wintersportdag

image_pdfimage_print

MALMESBURY – Die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) het die afgelope naweek sy 20ste wintersportdag aangebied met ‘n geskatte 3 500 mense wat dié rugby- en netbaldag bygewoon het.

Die skoolhoof van CPM, Willie Taylor, het almal verwelkom en die skool se eerste sportdag onthou toe agt skole met omtrent 500 leerders deelgeneem het.

Vanjaar se 13 skole met 56 rugbyspanne en 71 netbalspanne (1 200 jong spelers) het skole soos Vredendal, Vyeboom, Hexrivier en Tulbagh ingesluit.

CPM se o.8-netbalspan.
Die Christelike Privaat Skool Malmesbury se o.8-rugbyspan.

Die gasheerskool se o.8-rugbyspan was onoorwonne op die dag, en CPM se o.8- en o.11-netbalspanne het ook al hul wedstryde gewen.
Die skool het die borge bedank wat die dag moontlik gemaak het. – (Berig verskaf)

Leave a Reply

error: Content is protected !!