Damvlakke toon geringe styging
Die vlak van die grootste opgaardamme van die streek het volgens die Stad Kaapstad se metings ‘n baie geringe 0,1% gestyg die afgelope week.
Volgens die jongste inligting is die totale vlak van die damme saam 81,9% teenoor 81,8% verlede week.

Dit beteken daar is 735 707 megaliter in die Bergrivier-, Laer-Steenbras-, Hoër-Steenbras-, Theewaterskloof-, Voëlvlei- en Wemmershoekdamme gesamentlik. Die totale kapasiteit is 898 221 megaliter. Die totale vlak van die ses damme saam op die ooreenstemmende tyd verlede jaar was 65,8% – 591 126 megaliter.