Emunah bied geleentheid vir kunstenaars en aspirant-kunstenaars
“If you hear a voice within you that says ‘You cannot paint,’ then by all means paint, and that voice will be silenced.” – Nederlandse skilder Vincent Van Gogh
ᴾʳᵒᵐᵒˢᶦᵉ
Op Malmesbury is daar ‘n gallery waar mense hul eie kunsvermoëns ontdek en begin uitleef met ‘n verskeidenheid klasse en werkwinkels wat weekliks gehou word.
In 2016 het Maryke Louw en ‘n kollega, Louis Venter, gesels om van sy skilderye wat net gebêre word, uit te stal by die My Chefs-restaurant op die dorp.
Venter, ‘n veearts, het ‘n baie suksesvolle uitstalling gehou en later daardie jaar het hulle begin praat van ‘n gallery vir Malmesbury omdat daar soveel kunstenaars en verborge talent op die dorp is.
Dit was ‘n saak van geloof en Emunah (dit beteken geloof) is in 2017 geopen.
‘n Jaar gelede het die gallery na ‘n meer sentrale perseel met toegang tot meer parkeerplek in die Drie Gewelsentrum geskuif.
Vandag bied dié gallery nie net ruimte aan grotendeels plaaslike kunstenaars om hul werk uit te stal en te bemark nie, maar daar is ook ‘n verskeidenheid klasse vir oud en jonk om hul kuns uit te bou.
082 960 8977