Kool geoes in die Swartland
Terwyl die Kanola goudgeel blom in die Swartland en grane mooi lyk, het die graangewasse nou nog reën nodig in September. Dié maand is nie verniet in die bedryf bekend as afrekeningsmaand nie. Intussen word daar ook met ander gewasse gewoel en geoes soos dié kool van Claassen Boerdery langs die N7. Ook broccoli en wortels word op die omliggende lande geoes.