Agri/BusinessLatest

Dreyer se merlot is Windmeul se wenblok

Die Windmeul-kelder het met hul jaarlikse toekennings weer erkenning gegee aan die goeie wingerdboupraktyke wat gevolg word.

Die Blok van die Jaar Toekenning vir 2024 is aan Swartlander Wilhelm Dreyer van die plaas Rustenburg suid van Abbotsdale toegeken. Dié wenblok is ‘n Merlot-blok, wat volgens die kelder se wingerdboukundige, Anton Laas, “baie goed bestuur word”.

Dreyer is ook die voorsitter van Windmeul se direksie.
Die kelder het ook hul Produsent van die Jaar vir 2024 aangewys. Dié toekenning is vanjaar deur Ernst Morkel van Ernst Morkel Boerdery (Voëlgesang) in die Wellington-omgewing ontvang.

Dié trofee word jaarlikse toegeken op grond van die plaas se kultivarsamestelling, die kwaliteit van druiwe asook betrokkenheid en gesindheid teenoor die kelder.

Ernst Morkel Snr (middel) saam met Daniel Morkel en Ernst Morkel Jnr.

Leave a Reply

error: Content is protected !!