Agri/BusinessLatestNews

Prestige Nasionale SA Anguskampioenskappe op Swartland Skou

MOORREESBURG – Diere van negentien van die land se top-telers van Angusbeeste het die afgelope dae by die Moorreesburg skougronde begin aankom vir die tweejaarlikse nasionale SA Angus-kampioenskappe wat Donderdag en Vrydag hier plaasvind.
Dit vorm deel van die beesafdeling op die Swartland Skou wat vanjaar 85 jaar oud is.


Daar word ook Simentaler-, Santa Gertrudis-, Limousin-, Sussex-, Afrikaner-, Charolais- en Hereford-beeste op die skou beoordeel.
Die voorsitter van die Angus-genootskap, RC Malherbe, het aan ???́ ??????? gesê daar is oor die 200 van ons land se top-diere op vanjaar se kampioenskappe waarvan die helfte Rooi Angusse en die ander helfte Swart Angusse.
Malherbe sê min of meer die helfte van die Rooi Angusse kom van die binneland terwyl die res uit die Kaap is en die meerderheid Swart Angusse kom uit die Kaap.
Hy vertel die manne het al Saterdagogoggend beeste op Bothaville in die Vrystaat begin laai. Daarna is sy beeste op Hertzogville gelaai en toe is die vrag Kimberley om om van André Markgraaff se top-diere te laai.
Die diere het Sondag op Moorreesburg aangekom.


As deel van die prestige Angus-kampioenskappe word daar Vrydagaand ‘n Angus Gala-aand gehou en daar sal ook ‘n kampioene-veiling gehou word van dié kampioene wat deur hul eienaars vir verkoop beskikbaar gestel word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!