Klein verandering in damvlakke
Die algehele vlak van al die Wes-Kaapse opgaardamme van die Departement van Waterwese het die afgelope week ‘n geringe styging van 0,2 persentasiepunte getoon.
Sommige damme soos die Voëlvleidam het volgens dié departement se meting met 0,1 persent gedaal.
Die Misverstanddam (hooffoto vandeesweek geneem) was volgens die gegewens gister 108,7% vol.