Wesbank, Lillies hoop op beter 2de ronde
Al het die twee Swartlandse spanne se Boland Rugby Top 12-veldtogte Saterdag nie op ‘n goeie noot afgeskop nie, is daar nog vier wedstryde vir elke span oor en daar kan nog baie gebeur.
Wesbank het op tuisbodem met 43-32 teen die sterk span van Safcol vasgeval, nadat hulle met rustyd nog met 20-10 voorgeloop het.

Die Koringboere se fokus skuif nou na die komende naweek wanneer hulle in ‘n wegwedstryd teen Worcester Villagers te staan kom. Laasgenoemde het Saterdag op Saldanha met 21-10 teen die tuisspan vasgeval.
Die Swartland se ander deelnemer in die Top 12, Abbotsdale, het na Hawston gereis en ‘n loesing van 36-3 op die lyf geloop. Lillies se volgende wedstryd is die komende naweek op hul tuisveld wanneer hulle die manne van Roses United aandurf. Laaagenoemde het die afgelope Saterdag hul tuiswedstryd teen die besoekende Vredenburg met 33-28 gewen.

