Dis weer tyd vir 4×4- en buitelugskou
Het jy al planne vir hierdie naweek – 23 tot 25 Oktober?
Moenie die South African 4X4 & Outdoor Show Wes-Kaap by Sandringham misloop nie.
Dié gewilde skou is terug.

Vir die derde agtereenvolgende jaar word die South African 4X4 & Outdoor Show in die Wes-Kaap aangebied, maar nou op ’n splinternuwe terrein: die Sandringham-plaas by Joostenberg buite Stellenbosch.
Die fokus bly stewig op die 4×4-leefstyl, die vryheid van die buitelewe en die pure genot van kampering. Verwag ‘n groot verskeidenheid uitstallings en vermaak.
Die nuutste 4×4-, kampeer- en braaitoerusting, voertuie, woonwaens en kampeersleepwaens.
Daar is ‘n veilige speelpark vir die kinders.

Onder die hoogtepunte tel die kans om saam met André de Villiers, aanbieder van 4×4 met André op die kassie op ’n splinternuwe hindernisbaan te ry. Die Cape Offroad 4X4 Challenge Club bied ook vir die eerste keer ’n 4×4 Extreme Challenge op die terrein aan. Daar is ook die geleentheid om ‘n stukkie van die Boland vanuit die lug te sien met ‘n helikopterrit saam met Mosselbaai Helikopters.

Geniet uitgesoekte kosstalletjies, ’n kunsmark en deli, die gesellige Simonsvlei-wyntuin, ’n biertuin en kunstenaaroptredes op die Jimmy’s Sauces-verhoog.
Die skoutye is:
Vrydag vanaf 12:00 en Saterdag en Sondag vanaf 09:00.
Koop jou kaartjies aanlyn by Open Tickets of by die hekke.
https://opentickets.co.za/search?q=the+sa+4×4
Besoek www.ekspo.co.za vir meer inligting.
