Agri/BusinessLatestNews

‘Laer Produsenteprys vir bees- en skaapvleis goeie nuus vir verbruikers’

Die produsentepryse van lamvleis is tans 15.3 % laer as ‘n jaar gelede en staan op R68.86 (plus BTW) per kilogram vir klas A-lamvleis.
Só het die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) pas in ‘n verklaring bekend gemaak.
Die produsentepryse van beesvleis is 0.5 % laer op R45.97 (plus BTW) per kilogram vir klas A-beesvleis.
Dit is uiters goeie nuus vir verbruikers, aangesien lam-, skaap- en beesvleispryse in die periode gedaal het.
Dit is in kontras met wat gebeur het met voedselinflasie die afgelope jaar. Brood- en graanprodukte se pryse het byvoorbeeld met 8.6 % gestyg, vis met 7.5 % en vrugte en groente met 4.3 %.

“Bees- en lamvleispryse in Suid Afrika is 30 % laer as die wêreldnorm en ons het van die beste kwaliteit in die wêreld. Verbruikers moet die geleentheid benut,” het Koos van der Ryst, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie gesê.

“Ons wil ‘n beroep doen op die handel om die voordeel van die laer produsentepryse aan verbruikers deur te gee en bedank die handelaars wat dit reeds doen.
“Om te braai tydens die wêreldbeker rugbytoernooi was nog nooi so goedkoop nie”, aldus mnr Van der Ryst.- (mediaverklaring)

Leave a Reply

error: Content is protected !!