LatestSports

Abbotsdale hou kanse lewend

Die rugbyspan van Abbotsdale het Saterdag tuis in hul tweede Boland Groot Uitdaag Top12-wedstryd teen Saldanha vasgeval nadat losskakel Godwin Jacobs aanvanklik die telbord aan die rol gehou het.

Die Lillies het ná drie strafskoppe deur Jacobs ‘n voorsprong van 9-0 opgebou voordat die besoekers die eerste keer agter die doellyn gaan kuier het. Daarna het Saldanha die voortou geneem.

Abbotsdale se Lauhan Arendse het ook agter die doellyn gaan kuier om die tuisspan binne trefafstand te hou.

Ook ‘n oorstootdrie deur Adam Barlow het die Lillies se kanse lewend gehou.

In die laaste kwart van die wedstryd het die tuisspan verbete aangeval en in Saldanha se kwartgebied geboer, maar die Groentruie kon net nie deurbreek en dit in nog punte omskep nie.

‘n Drie deur die besoekers in beseringstyd het uiteindelik die gaping op die telbord laat rek tot 38-21.

Abbotsdale het ‘n goeie seisoen beleef en 518 punte opgestapel, met Jacobs as die voorste puntemaker met 125.

Die span het 75 drieë gedruk, waarvan 12 deur die voorste driedrukker, Ayden Lawrence.

Abbotsdale het tweede geëindig in die Boland se Groot Uitdaag Swartlandliga en agtste in die Boland.

@abbotsdalerugbyclub.lillies

Posted by dié courant on Sunday, 6 October 2019

Leave a Reply

error: Content is protected !!