Ormonde kry gesogte toekenning
Een van die gesogte top-toekennings op die jaarlikse Michelangelo Wyn- en Spiritualieë Gala-aand is deur Ormonde in Darling opgeraap toe hul die Museum Klas-trofee verower het met hul Theodore Eksteen 2007.
Die toekenningsaand is oor die naweek in die Tsogo Sun in Kaapstad gehou nadat die meer as 2000 inskrywings wat vanjaar ontvang is deur 21 internasionale kenners en ses uit Suid-Afrika beoordeel is.
Elke inskrywing is blind beoordeel in panele van vyf en ses beoordelaars volgens die Internasionale Organisasie van Wingerd en Wyn (OIV) se kriteria om ‘n punt uit 100 te kry.
Die Theodore Eksteen 2007-oesjaarwyn is deur Ormonde bekend gestel toe die kelder een van die familiepatriarge, Theodore Eksteen, se 100ste geboortedag in 2009 gevier het.
Eksteen is in 1909 in Franschhoek gebore as ‘n Hugenote-afstammeling.
Hy het in die Paarl se wynlande geboer en was ‘n garagiste-pionier wat port gemaak het. Hy is in 1988 oorlede.
Die wyn (‘n versnit van twee Rhône-kultivars: Shiraz en Grenache) is nou – 110 jaar ná Eksteen se geboorte – met die uitsonderlike toekenning bekroon.
Ormonde het ook goue medaljes ontvang vir hul Barrel Selected Shiraz 2015, Vernon Basson 2013, Ondine Cabernet Franc 2014, Barrel Selected Cabernet Sauvignon 2015 en Single Vineyard Chip off the Old Block Shiraz 2015.
Verskeie ander produsente uit die Swartland en omliggende streke het ook goed gevaar in die 2019 Michelangelo-toekennings.
Pulpit Rock buite Riebeek-Wes het ‘n dubbelgoud-toekenning ontvang vir hul Stories Cinsaut 2019 en goud vir drie wyne in die Brink Familiewingerde-reeks. Dié drie is die Sauvignon Blanc 2019, Cabernet Sauvignon 2017 en Merlot 2016.
Om dubbelgoud te ontvang, moet die wyn ‘n punt van 93 of meer ontvang.
Die Meerhof-kelder het ‘n dubbelgoud verower met hul Cabernet Sauvignon 2018 en ook goud met hul Shiraz 2018.
Ook Blake Family Wines se Amethyst 2017 het die dubbelgoud gewen.
Nog dubbelgoud-wenners uit die omliggende streek, is
Cederberg se Sauvignon Blanc 2019;
Imbuko se Van Zijl Coffee Pinotage 2018 en Sauvignon Blanc 2019;
Perdeberg se The Dry Land Collection Joseph`s Legacy 2015, The Dry Land Collection Resolve Pinotage 2017 en Rex Equus 2014;
Piekenierskloof se Cinsaut 2018;
Vondeling se Barrel Selection Chardonnay 2018;
Wellington Wines se La Cave Cape Blend 2016 en Duke of Wellington Cabernet Sauvignon 2017 en
Windmeul Kelder se Pinotage Reserve 2016, Windmeul Cape Blend 2016 en Windmeul Pinotage 2017.
Perdeberg het uitstekend gevaar en ook ‘n platinum ontvang vir hul The Dry Land Collection Longevity Natural Sweet Chenin Blanc 2017 asook goud vir hul The Vineyard Collection Cinsaut 2018, The Dry Land Collection Tenacious Shiraz 2015 The Vineyard Collection Malbec 2018, The Dry Land Collection Rossouw`s Heritage 2017 en The Dry Land Collection Courageous Barrel Fermented Chenin Blanc
Die Swartland se ander goue toekennings vir wyne wat ‘n punt van 89 of meer ontvang het, is:
Allesverloren se 1704 Red Blend 2017;
Darling Cellars se The Old Grain Silo 2017;
Groote Post se Riesling 2018 en Sauvignon Blanc 2019;
Hofstraat Kelder se Nebbiolo 2018 en Pinotage 2018;
Org De Rac se La Verne Methode Cap Classique 2016;
Riebeek Valley Wine se Collection Cabernet Sauvignon 2018, Pinotage Rosé 2019 en Collection Merlot 2018;
Swartland se Idelia Cape Blend 2017.
In die omliggende gebied het hierdie wyne ook goud ontvang.
Alkmaar se Pinotage 2017;
Eenzaamheid se Chenin Blanc 2017;
Imbuko se Van Zijl Sauvignon Blanc 2019, Du Plevaux Daniel Johannes Shiraz 2016, Van Zijl Reserve Blue Ink FB Blend 2016, Du Plevaux Elizabeth Albertha Chenin Viognier 2018 en Imbuko Cabernet Sauvignon 2018
Mont du Toit se Merlot 2018;
Piekenierskloof se Six Hats Rosé 2019;
Vondeling se Monsonia 2016 en Cabernet Sauvignon 2017;
Wellington Wines se La Cave Shiraz 2017, Duke of Wellington Merlot 2018, Duke of Wellington Sauvignon Blanc 2019, La Cave Cabernet Sauvignon 2017 en La Cave Chenin Blanc 2017
West Coast Distillers se Mutiny Aromatic Bitters en Mutiny Orange Bitters
Windmeul Kelder se The Legend Collection Left Wing 2016, Shiraz Reserve 2016, Windmeul Chardonnay Reserve 2017, Pinotage Rosé 2019, Windmeul Sauvignon Blanc 2019 en The Legend Collection Pinotage 2017