SchoolsSports

Jong ruiter oes Afrika-titel

Sy weet al van kleins af sy wil baie tyd met perde spandeer.
Só gesels Jana Viljoen, ‘n leerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury.

Haar eerste ontmoeting met dié diere was met haar vierde kinderpartytjie buite die Paarl.
“Ek het onmiddellik ‘n band tussen my en dié diere ervaar en vandag is ek op my gelukkigste wanneer ek met perde werk.”
Ure saam met perde en harde werk het ook nou vir haar vrugte afgewerp.
Sy het pas die Afrika-kampioenskap gewen in die Damessiertuig-klas vir Walliese Ponies.

Jana het al regoor die Wes-Kaap aan perdeskoue deelgeneem. Dit sluit onder andere die skoue op Swellendam, Bredasdorp, Robertson, Tulbagh en Moorreesburg in.
Sy het onlangs die Walliese Ponievereniging van Suid Afrika asook die Walliese Ponievereniging van Afrika se Damessiertuigkampioenkappe ingepalm.
Jana het vroeër ook met Vlaamperde en Saalperde geskou.

Leave a Reply

error: Content is protected !!