Darling Rugby in halfeind

Die Boland Rugby-unie het die program vir Saterdag se halfeindronde-wedstryde in die provinsie se klubkompetisies bekend gemaak.
Die voorlaaste ronde uitspeelwedstryde sal in die Boland-stadion op Wellington plaasvind.
Darling se Groot Uitdaagwedstryd teen Caledon begin om 14:40.
Die wedstryde in die Eerste liga vind op die B-veld plaas. Om 10:00 pak Immergroen (Overberg) die span van Laingsburg gevolg deur die kragmeting tussen Oak Valley en Alberts om 11:50


Die spanne wat sal sake uitspook om ‘n plek in die eindstryd van die Gemeenskapsbeker speel ook op die B-veld. Die eerste wedstryd begin om 13:40 wanneer Buffeljags vir Red Stars aandurf. Hierna (15:30) speel Young Eagles teen Evergreens Wellington.
In die streekuitdaag pak Riebeeck United om 11:00 vir McGregor op die A-veld waarna die wedstryd tussen 12:50 Young Blues en Temperance om 12:50 afskop.
In hul kragmeting om ‘n plek in die eindstryd van die Groot Uitdaagkompetisie raak die spanne van Darling en Caledon om 14:40 slaags.
Daarna pak die spanne van Saldanha en Roses United mekaar om 16:30.
Die hekke is oop vanaf 09:00.
Kaartjies is by die hekke beskikbaar teen R30 vir volwassenes en R10 vi kinders (jonger as 12 jaar).

Leave a Reply

error: Content is protected !!