FEATUREDSports

MRB, Baabaas wen 1ste Swartland 7’s

Die Moorreesburg Rugbyklub het gister vir die eerste keer ‘n aksiebelaaide Swartland Sewes Kampioenskapstoernooi aangebied met totale prysgeld van R15 000.
Toernooidirekteur, Andre Pekeur, het met dié courant gesels en sy tevredenheid met die verloop van die dag uitgespreek. “Alles het vlot verloop op die veld en ons het agter die deure hard gewerk om alles ‘n sukses te maak.”


Vanjaar se hoofborg van die toernooi was Swits Wireless met Jonkers Transport van Atlantis, S Laing Site Solutions van Durbanville en SPH Kundalila as medeborge.
Die toernooi het uit twee bene bestaan en in die klipharde Beker-afdeling moes Moorreesburg Fixers hard werk om die besoekers van Wesbank in die eindstryd met 17-7 te klop.
Moorreesburg Fixers het na die eindstryd deurgedring toe hulle die span van Coronation in ‘n moeilike halfeindstryd met 12-10 geklop het.
Wesbank het op hul beurt die span van Riebeeck United met 17-0 in die halfeindronde uitgeskakel.

Sewesrugby-aksie op Moorrreesburg www.diecourant.co.za

Posted by dié courant on Sunday, 10 November 2019


Die ander ses spanne in die Beker-afdeling was Good Hopes, Never Despair, Young Eagles, Flying Eagles, Wittewater Villagers en Moorreesburg B.
Die tweede been van die toernooi was die Sosiale afdeling.
Hier het Barbarians A van Robertson gereis om die louere te kom inoes. Hulle het in die eindstryd die span van Mamre met 14-5 geklop nadat hulle Stepping Stones van Worcester met 38-17 in hul halfeindstryd uitgeskakel het.
Mamre het tot die eindstryd deurgedring deur Barbarians B met 19-5 te klop.
Die spanne van Junky Rebels en Kraaifontein Spartans het ook in dié afdeling deelgeneem.

Leave a Reply

error: Content is protected !!