EntertainmentFEATURED

Nuwe Blacksmith Yard-galery geopen

‘n Nuwe kunsgalery is vandag op Riebeek-Wes geopen.
Eienaar Joe de Villiers, ‘n argitek, vertel hy woon in Kaapstad maar bring ook baie tyd op Koringberg deur nadat hy ‘n klompie jare gelede daar ‘n eiendom gekoop het.

Kunstenaar Duncan Ebedes en eienaar Joe de Villiers vroeër vandag by die opening van die galery

Nou het hy die Blacksmith Yard-galery geopen in die hoofstraat waar die Old Dalby-restaurant was, tussen Huis Bergsig en die Pick n Pay.
Naas ‘n permanente uitstalling van werke deur Duncan Ebedes van Velddrif, is daar ook keramiekkuns van die plaaslike kunstenaar Julia Buss (Black Dog Ceramics), asook werke van Antoinette du Plessis, Sarel Petrus, Elans Mandal (fotografie), Francois Swanepoel (fotografie) en Nicolene Swanepoel op uitstalling.

De Villiers vertel dat hy aanvanklik op Koringberg ‘n historiese eiendom sou koop met ‘n klomp gereedskap van ‘n ystersmid en toe dié transaksie deur die mat val, het hy reeds die naam geregistreer en toe besluit om sy galery op Riebeek-Wes Blacksmith Yard te noem.

Die Blacksmith Yard-galery sal ook saam met ander kunsuitstallings op Riebeek-Wes, waaronder ‘n groepuitstalling in die NG Kerk se saal, deel uitmaak van vanjaar se Solo Studios wat van 24 tot 26 Oktober plaasvind.

Leave a Reply

error: Content is protected !!