Agri/BusinessNews

Toekenning sal hom verder aanspoor – Myeni

Die wenners in die Swartlandstreek van die jaarlikse Provinsiale Landbouwerkerkompetisie het gister by Goedgedacht in die Riebeeksrivier met meer as R57 000 in kontantpryse en koopbewyse van meer as R20 000 weggestap.

Vanjaar se algehele wenner as die streek se Landbouwerker van die Jaar, is Mthunzi Myeni van Chalala Plase.
Hy het ook die eerste plek in die afdeling vir diereproduksie ingepalm.
Jenine Nero van Rooidraai is as die deelnemer met die beste potensiaal aangewys terwyl Org de Rac die titel van bespresterende plaas in die streek opgeraap het.

Die groep afdelingswenners saam met die organiseerders van Goedgedacht wat die Swartlandkompetisie en die prysuitdeling gereel het.

Die wenners in elk van die 11 afdelings asook die algehele wenner het nou deurgedring om op provinsiale vlak teen die wenners van die ander streke mee te ding. Die kompetisie word in samewerking met die Wes-Kaap se Departement van Landbou en Shoprite aangebied.
Myeni, aanvanklik van Mpumalanga, het aan die Tswane Universiteit van Tegnologie studeer en vertel hy is sedert vroeg verlede jaar werksaam by Chalala 2 Piggery buite Malmesbury. https://www.facebook.com/share/v/1Ep1JHryKa/

Dit is die tweede jaar agtereenvolgens wat die streek se Landbouwerker van die Jaar van Chalala kom. Sivenathi Zanywa het verlede jaar gewen.
Myeni het gister gesê hy “het glad nie die toekenning verwag nie en is baie dankbaar daaroor. Dit sal my net verder aanspoor in my werk,” het hy bygevoeg.
Vroeër het die onderburgemeester van die Swartland Munisipaliteit, raadsdame Anet de Beer, in ‘n toespraak die belangrikheid van landbouwerkers en hul kardinale bydrae beklemtoon.

Saam met die Swartland se Landbouwerker van die Jaar, Mthunzi Myeni (middel) van Chalala is Juan de Lora van die provinsiale departement van landbou en Tania Tait van Shoprite.

“Dit is vir my belangrik dat mense moet besef watter hengse verantwoordelikheid op die skouers rus van ons landbouers. Die mense wat ons op ‘n daaglikse basis voed. Maar hulle kan nie die land voed sonder julle nie,” het sy aan die landbouwerkers gesê.
Sy het bygevoeg die produkte op ons tafels “kom van die hande van opgeleide mense wat vir jare met hul hande in die grond werk. Dit kom uit julle hande uit.”

Die pryswenners in elke afdeling:
Beste Algemene Werker
1ste. Jenine Nero (Rooidraai)
2de. Jerieve Lambrecht (Eenboom/Slimsum)
3de. Gert Nobangela (Elim Plaas)
Beste Drywer
1ste. George Booysen (Kloovenburg)
2de. Ernest Papier (Wynkeldershoek)
3de. Willem Koordom (Boshof)
Beste Besproeiingspesialis
1ste. Jonathan Meloy (Goedgedacht)
2de. Rowan Jansen (Org de Rac)
3de. Lovemore Yohane (Kloovenburg)
Beste Tegniese Operateur
1ste. Tyron Crotz (Kloovenburg)
2de. Klaas Paulse (Org de Rac)
3de. Luyolo Vukuza (Wynkeldershoek)
Beste in Sosiale Ontwikkeling
1ste. Liezel Samson (De Gunst)
2de. Jolene Oewies (Goedgedacht)
3de. Sanna Welkom (Goedgedacht)
Beste Administratiewe Personeellid
1ste. Jacques Williams (Goedgedacht)
2de. Charlene Rosenberg (Org de Rac)
3de. Maria Mathafeni (Middelpos)
Beste Voorman/-vrou
1ste. Joseph Jacobs (Slimsum)
2de. Pieter Basson (Org de Rac)
3de. Apendule Dyomfana (Wynkeldershoek)
Beste in Junior Bestuur
1ste. Sikelela Nomatshila (Chalala)
2de. Reinhardt Lameyer (Goedgedacht)
3de. Goodman Ngcephe (Wynkeldershoek)
Beste in Middelbestuur
1ste. Winston Antas (Fransrug)
2de. Deon Lukas (Kloovenburg)
3de. Tamoury Constance (Goedgedacht)
Beste in Landbouverwerking
1ste. Isak Baartman (Kloovenburg)
2de. Jaftha Hendricks (Goedgedacht)
3de. Sandile Chasela (Wynkeldershoek)
Beste in Diereproduksie
1ste.Mthunzi Myeni (Chalala)
2de. Jan Fielies (Org de Rac)
3de. Job Sephaphati (Chalala)
Bespresterende Plaas
Org de Rac
Beste Potensiaal
Jenine Nero (Rooidraai)
Swartland Landbouwerker van die Jaar 2025
Mthunzi Myeni (Chalala)

In die afdeling vir Algemene Werker het Jenine Nero (middel) van Rooidraai haar eersteprys van die onderburgemeester van die Swartland Munisipaliteit, raadsdame Anet de Beer, ontvang. By hulle is Jerieve Lambrecht van Eenboom/Slimsum wat in die tweede plek geëindig het.


Tania Tait (regs) van Shoprite het die pryse oorhandig in die afdeling vir Beste Drywer. George Booysen (naasregs) van Kloovenburg het met die louere weggestap. Ernest Papier (naaslinks) van Wynkeldershoek en Willem Koordom (heel links) van Boshof was onderskeidelik tweede en derde.
Die wenner in die afdeling vir Besproeiingspesialiste was Jonathan Meloy (naasregs) van Goedgedacht met Rowan Jansen (naaslinks) van Org de Rac tweede en Lovemore Yohane (heel links) van Kloovenburg in die derde plek. By hulle staan Tania Tait van Shoprite.
Die Swartland se Tegniese Operateur van die Jaar is Tyron Crotz (naasregs) van Kloovenburg. Klaas Paulse (naaslinks) van Org de Rac en Luyolo Vukuza (heel links) van Wynkeldershoek het onderskeidelik tweede en derde geëindig. Jolene Janse van Rensburg (heel regs), bestuurder van die Swartland Wyn- en Olyfroete, het die pryse oorhandig.
Liezel Samson (naasregs) van De Gunst het haar prys as wenner in die afdeling vir Sosiale Ontwikkeling van Jolene Janse van Rensburg (heel regs) van die Swartland Wyn- en Olyfroete ontvang. Jolene Oewies (naaslinks) van Goedgedacht was tweede met Sanna Welkom (heel links) ook van Goedgedacht in die derde plek.
Jacques Williams (naasregs) van Goedgedacht het die afdeling vir Administratiewe Personeel gewen. Charlene Rosenberg (naaslinks) van Org de Rac en Maria Mathafeni (heel links) van Middelpos was tweede en derde onderskeidelik. Juan de Lora (heel regs) van die provinsiale departement van landbou het die pryse oorhandig.
In die afdeling vir Voorman/Voorvrou het Joseph Jacobs (naasregs) van Slimsum die eerste plek opgeraap. Hy het die prys van Juan de Lora (heel regs) van die provinsiale departement van landbou ontvang. Pieter Basson (naaslinks) van Org de Rac was tweede met Aphendule Dyomfana (heel links) van Wynkeldershoek in die derde plek.
Die Swartland se wenner in die afdeling vir Landbouverwerking is Isak Baartman (naasregs) van Kloovenburg. Pieter du Toit (heel regs), eienaar van Kloovenburg, het die pryse oorhandig. By hulle is Jaftha Hendricks (naaslinks) van Goedgedacht en Sandile Chasela (heel links) van Wynkeldershoek wat tweede en derde was.
Die Diereproduksie-afdeling is gewen deur Mthunzi Myeni (naasregs) van Chalala. Jan Fielies (naaslinks) van Org de Rac en Job Sephaphati (heel links) ook van Chalala was onderskeidelik tweede en derde. By hulle is Pieter du Toit, eienaar van Kloovenburg, wat die pryse oorhandig het.
In die afdeling vir Junior Bestuur het Sikelela Nomatshila (naasregs) van Chalala die eerste plek opgeraap met Reinhardt Lameyer (naaslinks) van Goedgedacht en Goodman Ngcephe (heel links) van Wynkeldershoek onderskeidelik tweede en derde. Dr. Deon Snyman, besturende direkteur van die Goedgedacht Trust, het die pryse oorhandig.
Winston Antas (naasregs) van Fransrug het vanjaar die afdeling vir Middelbestuur gewen. Deon Lukas (naaslinks) van Kloovenburg was tweede en Tamoury Constance (heel links) van Goedgedacht in die derde plek. Hulle het hul pryse van dr. Deon Snyman van Goedgedacht ontvang.
Org de Rac het die prys vir die bespresterende plaas ontvang. Hier is Tania Tait (heel regs) van Shoprite saam met Org de Rac se Klaas Paulse, Jan Fielies, Pieter Basson, Gerhard September, Rowan Jansen, Johannes Lewies en Charlene Rosenberg.
Jenine Nero (links) van Rooidraai het haar toekenning vir die deelnemer met die Beste Potensiaal van Tania Tait van Shoprite ontvang.
Santa-Mari Walters en Liezel Samson van De Gunst. Samson het die eerste plek opgeraap in die afdeling vir Sosiale Ontwikkeling.

Leave a Reply

error: Content is protected !!