MX: 70% van Weskus kry 30%+ vir wiskunde
Van die 555 kandidate in die Weskus-onderwysdistrik wat in 2025-matriekwiskunde geskryf het, het 70,3% ‘n punt van 30% of meer behaal.
Dit is 6,3% meer as die nasionale syfer van 64%.
‘n Totaal van 2631 kandidate het wiskundige geletterdheid geskryf. Daarvan het 87,2% ‘n punt van 30% of meer behaal.

In die ander nege gekose kernvakke soos deur die nasionale departement bekend gemaak, het die Weskus soos volg gevaar:
Rekeningkunde (329 kandidate): 77,5% het ‘n punt van 30% of meer behaal
Landbouwetenskappe (49 kandidate): 91,8% het ‘n punt van 30% of meer behaal
Besigheidstudies (1 499 kandidate): 76,3% het ‘n punt van 30% of meer behaal
Ekonomie (358 kandidate): 64,0% het ‘n punt van 30% of meer behaal
Engels 1ste Addisionele Taal (3 012 kandidate): 99,9% het ‘n punt van 30% of meer behaal
Geografie (923 kandidate): 90,4% het ‘n punt van 30% of meer behaal
Geskiedenis (1 507 kandidate): 88,3% het ‘n punt van 30% of meer behaal
Lewenswetenskappe (1 205 kandidate): 67,4% het ‘n punt van 30% of meer behaal
Fisiese Wetenskappe (355 kandidate): 80,6% het ‘n punt van 30% of meer behaal
Weskus se 2025-Matrieks stof dié van 2024 uit

