EntertainmentLatest

Yzerfontein hou weer oesterfees

Weskus. Oesters. Wonderlik.
Volgende naweek – Saterdag en Sondag, 29 & 30 Augustus – is dit weer tyd vir die Yzerfontein-oesterfees.
‘n Tweedaagse kuskos-, musiek-, kuns- en kultuurfees.
Die geleentheid vier die Weskus-leefstyl deur gourmet-oesters en vonkelwynkuiers, musiekoptredes, ‘n verskeidenheid plaaslike kosverkopers en kuns.

Die gesinsvriendelike fees bied vanjaar meer vermaak en aktiwiteite. Saam met sjampanje, wyn, “craft”bier en jenewer as daar ook kookdemonstrasies deur bekende sjefs op die program.
Terwyl die oesters die middelpunt is, is die Yzerfontein-oesterfees ‘n Weskus-fees met iets heerlik vir elke smaak.Van burgers en handgemaakte kase tot spesiale skemerkelkies en soet lekkernye.
Van 10:00 tot 18:00 op beide dae. Onder die musiekoptredes tel dié van Red Wine Republic, Johnny Camel en The Rivertones.

Kaartjies word beperk en is beskikbaar op Quicket.
R375 per volwassene per dag of R700 vir twee dae (sluit gratis oesters en vonkelwyn by aankoms in)
Kinders onder 12 kry gratis toegang.
Daar is ook ‘n gratis pendeldiens/taxi beskikbaar vanaf die Strandkombuis-ingang (heen en terug).

Leave a Reply

error: Content is protected !!