EntertainmentLatestSchools

𝘌𝘦𝘳𝘴𝘵𝘦 𝘷𝘪𝘳 𝘈𝘭𝘭𝘦𝘴 by Hoërskool Swartland

Adam en Eva – Frank Opperman en Margit Meyer-Rödenbeck – in ‘n teaterstuk wat jy nie wil mis nie.
Die legendariese Frank Opperman en Margit Meyer-Rödenbeck is op pad Malmesbury toe. Hulle bring die skreeusnaakse, hartroerende tweepersoonstuk Eerste vir Alles by die Hoërskool Swartland se RockArt Kunstefees op die planke.

Dit was gewis nie maklik om die heel eerste paartjie op aarde te wees nie. Alles moes vir die eerste keer uitgepluis word – liefde, getroud wees, kinders grootmaak…
Nou, baie eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, sit Adam en Eva – die eerste moeder en vader – en gesels – nou dat die laatlammetjie die huis verlaat en hul weer binnekort net mekaar vir geselskap sal hê. Sien hulle kans vir nog ‘n honderd jaar saam en sal hulle sondes hulle ontsien? Ná baie goed en kwaad het Adam en Eva vir oulaas ‘n appeltjie met mekaar te skil.
Opperman en Meyer-Rödenbeck speel die oerpaartjie met Wessel Pretorius as dramaturg en regisseur – ’n kombinasie van baie lag én pitkos.
Eerste vir Alles is ’n romantiese komedie oor ou bene saam maak, veral as een die ander ’n ribbebeen skuld.

In die Hoërskool Swartland se saal op Vrydag, 28 Augustus 2026
Tyd: 19:00
Kaartjies: R200 per persoon
Ouderdomsbeperking: Geen o.13
Hoe koop ek kaartjies?
By die skool: Besoek die finansieskantoor en koop jou kaartjie daar.
of
Per bankbetaling: Bank: Nedbank,Takkode: 154605, Rekeningtipe: Tjekrekening, Rekeningnommer: 103 982 7438. Belangrik: Gebruik RF + jou naam en van as verwysing.
Moenie hierdie uitsonderlike teaterervaring op eie bodem mis nie. Bring jou familie, vriende en bure saam vir ‘n aand vol lag, uitstekende toneelspel en onvergeetlike vermaak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!