Agri/BusinessCommunityLatest

Coert aangewys as beste in provinsie

Marlon Coert het by die Wes-Kaap Agri Prestige provinsiale toekennings by Eureka buite Durbanville die Swartland se vlag hoog laat wapper toe hy ‘n eersteplek verower het.

Coert, wat van kleins af in die landbou belanggestel het, het ná ‘n oorbruggingskursus aan Elsenburg studeer en is later daar aangewys as die beste student in wingerd- en tuinbou.
Hy het sedertdien by Wynkeldershoek begin werk. Coert het homself opgewerk en vyf jaar gelede derde gekom in die juniorbestuur-afdeling van die Swartland-been van die kompetisie. Twee jaar later in 2023 het hy die kategorie gewen en is toe ook as die Swartland se Agriwerker van die Jaar vir 2023 gekroon. Hy het harde werk as die rede vir sukses beskryf: “Harde werk werp vrugte af.”

Marlon Coert, Nathan Solomons, Alethu Ruba en Devan Julies

Hy het sedertdien tot die middelbestuursvlak gevorder en het in vroeë vanjaar dié kategorie in die Swartland ingepalm waarna hy outomaties na die provinsiale kompetisie deurgedring het. Nou is hy as die beste middelbestuurder in die Wes-Kaap aangewys.

Nog van die Swartland se sterre het by die provinsiale toekennings geskitter.
Devan Julies van Wynkeldershoek het vanjaar tweede geëndig in die afdeling vir junior bestuur;
Nathan Solomons van Swartland Wynkelder het derde gekom in die afdeling vir drywers en
Alethu Ruba van Chalala Farms het die derde plek ingeneem in die afdeling vir diereproduksie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!