LatestSports

Steil pad voor vir Koringboere, Lillies

Met die eerste twee rondes van die groepfase in die Boland Rugby Top 12 nou agter die rug, lyk die pad vir die Swartland se kampioen, Wesbank, en die naaswenner, Abbotsdale, nou baie steil.

Dié twee spanne het elkeen ‘n tuis- en wegwedstryd gespeel, maar kon ongelukkig nog nie ‘n broodnodige sege behaal om hul veldtogte op koers te kry nie.
Wesbank het in hul eerste wedstryd op tuisbodem teen Safcol vasgeval en die afgelope Saterdag op Worcester met twee punte teen Worcester Villagers verloor (28-26).

Abbotsdale se eerste wedstryd was weg teen Hawston. Hulle het daar ‘n loesing op die lyf. Lillies het die afgelope naweek gasheer gespeel vir Roses United en ná ‘n goeie begin ook uiteindelik die knie gebuig teen die span van Wellington (24-33).
Wesbank en Abbotsdale, wat tans beide in die voorlaaste plek op die punteleer van hul onderskeie groepe lê, speel albei die komende Saterdag tuis.
Abbotsdale ontvang besoek van Delicious Noord-Wes (tans laaste in hul groep) terwyl Wesbank die span van Saldanhabaai (tans nog onoorwonne) aandurf.
Die Koringboere se wedstryd is geskeduleer vir 15:00 en dié van Lillies vir 17:00.

Leave a Reply

error: Content is protected !!