Agri/BusinessPromosies Promotions

Posduif sprei vlerke

𝑷𝒓𝒐𝒎𝒐𝒔𝒊𝒆
Die Posduif op Riebeek-Wes het onlangs van eienaars verwissel.
Olga-Mari Krige vertel hulle het die geleentheid gesien om dié onderneming wat vier jaar gelede deur Willem en Janine Coetsee begin is, oor te neem en verder uit te bou.
Die Posduif spesialiseer in ‘n verskeidenheid drukwerk en skryfbehoeftes en Krige, wat die besigheid saam met haar man, Damian, gekoop het, sê hulle wil nog drukopsies by die gevestigde aanbieding byvoeg.

Posduif sprei vlerke
Willem Coetsee (links) het die onderneming aan Olga-Mari Krige oorhandig. Regs bo en onder is Megan Appollis en Andrea Isaacs wat klante met hul ontwerp en drukwerk bystaan. Foto’s verskaf

Damian is ‘n boorling van die vallei en Olga-Mari het ná hul troue ‘n paar jaar gelede ook hierheen verhuis.
Klante kan hier besigheidskaartjies laat ontwerp en druk asook pamflette, bouplanne, groot foto’s, kunswerke, plakkate en ander drukwerk.
“Ons wil dit uitbrei waar besighede kan betrokke raak waar hulle hulle reklameborde kan doen. Ons kan ook geleenthede se reklameborde vir hulle hanteer. Bruide kan hul spyskaarte en spyskaarte hier druk.”
“Ons kan lekker uitbrei met die besigheid. Dit is ook ‘n manier waar ons ‘n bietjie kan teruggee vir die gemeenskap.
“Ons het ook ander plaaslike verskaffers soos borduurwerk wat ons gebruik. Gemeenskap is maar vir ons baie belangrik. Ons wil plaaslik ondersteun en sien ook baie uit na die toekoms.”
“Ons wil ook kyk waar kan ons die Woord van God ‘n biejtie kan verkondig. Kan gee vir die kerk waar hulle ook ‘n groter verskil kan maak in die gemeenskap,” sê Krige

Leave a Reply

error: Content is protected !!