Moenie dat motorprobleme jou vakansieplanne in die wiele ry
(promosie) – Desember is amper hier, en terwyl die opwinding van vakansiereise en gesinswegbreke toeneem, is voertuigprobleme wat tussen jou en jou welverdiende vakansie staan, die laaste ding wat jy wil hê.
Die verborge risiko’s van die pad onvoorbereid aanpak
Die feestyd is een van die besigste tye op Suid-Afrikaanse paaie. Duisende motoriste reis lang afstande om hul vakansiebestemmings te bereik. Dit lei ongelukkig ook tot groter verkeersopeenhopings, voertuig-onklaarrakings en padongelukke.
Terwyl baie vakansiegangers fokus op tasse pak en roetes beplan, word voertuigvoorbereiding dikwels afgeskeep totdat dit te laat is. ‘n Verslete band, foutiewe remlig, agterstallige diens of ‘n swak battery mag onbeduidend lyk wanneer jy elke dag ry, maar hierdie probleme kan vinnig groot hoofbrekens word wanneer jy honderde kilometers van die huis af is.

Veilige bestuursgewoontes wat die verskil kan maak
Voordat jy op jou vakansie vertrek, onthou padveiligheid begin by verantwoordelike besluite agter die stuurwiel. Moet nooit drink en bestuur nie. Op langer reise is dit belangrik om gereelde ruspouses te beplan en elke twee ure te stop om bestuurdersmoegheid te voorkom. Maak seker dat elke passasier ‘n veiligheidsgordel dra en hou noodsaaklike items soos brug(“jumper”)kabels, reflektiewe waarskuwingsdriehoeke en noodkontaknommers in jou voertuig.
Jou voertuig verdien ook ‘n vakansie-gesondheidsondersoek
Lang afstande plaas bykomende druk op belangrike voertuigkomponente soos bande, remme, veringstelsels, batterye en vloeistofvlakke. ‘n Professionele inspeksie kan moontlike probleme identifiseer voordat dit aanleiding gee tot duur en ongerieflike voertuig-onklaarrakings langs die pad.
Voertuigdiens
‘n Geskeduleerde diens help om te verseker dat jou enjin, filters en ander kritieke stelsels optimaal funksioneer. Dit gee jou ekstra gemoedsrus voordat jy ‘n lang reis aanpak.
Bandinspeksies
Jou bande is die enigste kontakpunt tussen jou voertuig en die pad. Die kontrolering van loopvlakdiepte, banddruk en die algemene toestand van jou bande is noodsaaklik vir veilige hantering, remverrigting en brandstofdoeltreffendheid.

Wielsporing
Swak wielsporing kan lei tot ongelyke bandslytasie, verhoogde brandstofverbruik en verminderde beheer oor jou voertuig. ‘n Wielsporingstoets help om jou voertuig reguit en veilig op die pad te hou, veral tydens langafstandreise.
Remtoetse
Betroubare remverrigting kan die verskil beteken tussen ‘n noue ontkoming en ‘n botsing. Remblokkies, remskywe en remvloeistof behoort geïnspekteer te word om te verseker dat jou voertuig veilig tot stilstand kan kom wanneer dit nodig is.
Batterytoetse
Vakansiereise plaas dikwels bykomende eise op jou voertuig se battery. ‘n Vinnige batterytoets kan help om die ongerief van ‘n onverwagte onklaarraking te voorkom.
Ligte en sigbaarheid
Hoofligte, flikkerligte, remligte, ruitveërs en ruitwassersisteme moet almal behoorlik werk om maksimum sigbaarheid en voldoening aan padverkeersregulasies te verseker.
Laat Rola Malmesbury jou met gemoedsrus laat reis
Voordat jy op jou feestyd-avontuur vertrek, laat die span by Rola Malmesbury help om seker te maak jou voertuig is gereed vir die pad.

Of jy nou ‘n Volkswagen, Mahindra, BYD of enige ander fabrikaat bestuur, ons ervare werkswinkeltegnici staan gereed om jou te help met omvattende voertuiginspeksies, dienswerk, wielsporing, bandkontroles, batterytoetse, reminspeksies en nog vele meer.
Moenie wag totdat jy langs die pad gestrand staan nie. Bespreek vandag nog jou vakansievoertuiginspeksie by Rola Malmesbury en geniet die gemoedsrus wat kom met die wete dat jou voertuig professioneel nagegaan en voorbereid is vir die reis wat voorlê.
