Rade se top-poste vandeesweek gevul
Met die DA wat sy volstrekte meerderheid op die stadsraad van die Swartland Munisipaliteit vergroot het, lyk dit nou of die drie top-posisies op die raad vir die volgende termyn onveranderd kan bly.
Die DA het beide Anet de Beer en Michael Rangasamy, tot onlangs onderskeidelik die onderburgemeester en speaker, weer vir dié poste benoem.

Ook Harold Cleophas is benoem om op die eerste raadsvergadering Woensdag weer tot burgemeester verkies te word.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het intussen die amptelike lys van nuwe raadslede in die staatskoerant gepubliseer.

Hier is die aangewese raadslede soos gepubliseer.
(*Daar kan wel mettertyd veranderinge op partye se proporsionele verteenwoordiging kom.)

In die Bergrivier, waar die DA ook hul meerderheid vergroot het, is dié party se benoemde raadslede vir die top-posisies: Mario Wessels vir burgemeester, Rhime Laubscher vir onderburgemeester en Rhandall Swarts vir speaker.
Die Bergrivier-raadsvergadering vind môre plaas.
Hier is die aangewese raadslede soos gepubliseer.

