Agri/BusinessFEATUREDNews

Swartlandse produsente buit 5 goud op nasionale olyftoekennings

Van die Swartland se produsente van top-olyfprodukte, Darling Olives, Olive Boutique en Porterville Olives, het op die nasionale SA Olive-toekennings weggestap met vyf goue toekennings.


Porterville Olives het in die medium kategorie nie minder nie as drie goud verower met Andante Intenso, Andante Forte en Andante Mezzo.

Willie Duminy van Porterville Olives ontvang drie goue toekennings – Foto: SA Olive
Nicole Koen (regs) van Darling Olives ontvang hul goue toekenning – Foto: SA Olive


In die afdeling vir Extra Virgin Olyfolie het Darling Olives (Darling Olives EVOO – Delikate kategorie) en Olive Boutique (Olive Boutique Coratina – Intense kategorie) ook goud gebuit.
Olive Boutique het ook ‘n silwer (Olive Boutique Frantoio – Delikate kategorie) en brons (Olive Boutique Frantoio / Leccino – Medium kategorie) verwerf.
Porterville Olives het ook silwer in die delikate kategorie verwerf met Adante Delicate.
Darling Olives het ook brons gekry in die medium kategorie met Darling Olives Fynbossie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!