Agri/BusinessCommunityEntertainmentLatest

Emunah se werkwinkels ook vir beginners

“I dream my paintings… I paint my dreams” – Nederlandse skilder Van Gogh
ᴾʳᵒᵐᵒˢᶦᵉ
By die Emunah Gallery op Malmesbury word ‘n verskeidenheid dienste aangebied, waaronder raamwerk en kuns- en handwerkklasse vir oud en jonk.
Die gallery is juis gemik op gewone mense wat gemaklik daar kan kom sit en hul kuns beoefen.

Bekostigbare raamwerk
*Bekostigbare raamwerk word op die perseel gedoen en Maryke Louw vertel hulle raam enigiets van rugbytruie tot sertifikate en familiefoto’s en skilderye.


*Elke laaste Saterdag van die maand word ‘n olieverfwerkwinkel deur die ervare Louis Pretorius aangebied en BEGINNERS IS WELKOM. “Kom verf jou eie meesterstuk in een oggend.”


Vandeesmaand se tema (28 September 9:00 -13:00) is die Kaap se natuurwonder, Tafelberg.
*Donderdagaande bied Michelle Porter kunsklasse aan vir volwassenes en hoërskoolleerlinge.


Dié klasse is baie prakties gerig en al die mediums van skilder word behandel. Daar word dan twee weke aan ‘n medium spandeer.
*Emunah hou ook handwerkkunswerkwinkels met onder andere mosaiek, decoupage, tinfoeliekuns, foto-oordrag, dokreen en stensilkuns. Die gallery voorsien dan al die materiaal en elkeen gaan huis toe met ‘n voltooide kunswerk.


Hierdie komende Saterdag bied hul van 09:00 tot 12:00 ‘n Swartbord Notabord-werkwinkel aan. Die koste beloop R160 en sluit alle materiaal en ligte verversings in.
Emunah is in die Drie Gewels Sentrum. Vir enige navrae, skakel 082 960 8977.

Leave a Reply

error: Content is protected !!