Adams student van die jaar op SM se VOO gradeplegtigheid
Die Swartland Munisipaliteit het verlede week ‘n gradeplegtigheid vir Volwasse Onderwys-en-Opleiding (VOO) aangebied vir munisipale werknemers wat sukses behaal het in die onderskeie vlakke van die program.
Frikkie Adams is as die student van die jaar aangewys en die ander top-presteerders was Willem Baron, Mabandla Liwani, John Baadjies, Selvin Welkom, Siyabonga Maqoko, Denzil Adams, Johan September en Granville Rhodes.
Foto’s: SM Facebook