EntertainmentLatest

Groot Plaasproe bied verskeidenheid

Die Groot Plaasproe vind weer die naweek op Sandringham plaas en daar wag gewis weer ‘n plaasfees op besoekers.

Die program en uitstallings is pasgemaak vir feesgangers se smaak en besoekers kan behoorlik uitsien na Saterdag 12 en Sondag 13 Oktober op die Sandringham-plaas, waar die fees daagliks van 09:00 tot 17:00 oop is.

Nie net is daar vermaak en ‘n groot verskeidenheid spys en drank nie, maar daar is ook meer as 300 plaasdiere – soos reuse-Romagnolas en Percherons!

Die musiekoptredes op beide dae is: 11.00-13.30 Die Wildberries; 13.30-15.30 Pieter Mohr (country-sanger) en 15.30-17.00 Nic Stevens.

Daar is ook lyndans van 10:00 tot 12:00.

Die spys en drank sluit in: Van roosterkoek en stokbrood tot boetiekbier, skaapstertjies, wyn, Wagyu-burgers, tameletjie, halloumi, koedoesalami, boetiekjenewer, potjiekos en selfs skaapkop in die Standard Bank Food Lane.

Avontuurlustiges kan gerus die “Bok&Bier” probeer – boerbokvleis saam met ‘n boetiekbier soos ‘n kersiegeur-Sarie Marais of vele ander!

Gratis Pinotage- en biltongproe

Vier ook Internationale Pinotage-dag op Saterdag 12 Oktober.

Feesgangers kan om 12:00 in die Standard Bank Konferensiesentrum gratis Pinotage en “die beste” biltong in die Boland proe saam met die Pinotage SA en Wellington Toerisme. Plekke is beperk so wees betyds.

Gratis Shiraz- en-Wild-proe

Op Sondag 13 Oktober bied die Old Mutual Insure Wellington Wine Route ‘n gratis proe van top-Shiraz uit dié distrik saam met wildswors aan. Die proe vind om 12:00 in die Standard Bank Konferensiesentrum plaas waar feesgangers betyds moet aanmeld om een van 80 sitplekke te verseker.

Die proe word aangebied deur Duncan van Dunstone Estate in Wellington saam met André, eienaar van Die Namibiër se Deli, wat wenke deel om wildswors te braai.

Shiraz wyne wat geproe gaan word:

1. Andreas Wine and Luxury Accommodation Shiraz

2. Diemersfontein Wine Estate

3. Wellington Wines La Cave

4. Linton Park Wines

5. #DunstoneEstate

Kry jou Groot Plaasproe-kaartjies by Checkers, Shoprite en Computicket of by die hek teen R120 vir volwassenes en R30 vir skoliere. Toegang vir kinders onder ses jaar is gratis.

Vermy lang rye en kry jou kaartjies by http://bit.ly/2TqvQqZ

Vir meer inligting, besoek www.diegrootplaasproe.co.za of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za.

Leave a Reply

error: Content is protected !!