Groote Post spog met Top 10 SB
Groote Post Wyne spog met nóg ‘n gesogte toekenning nadat een van hul wyne gisteraand as een van die Top 10 aangewys is in die FNB Sauvignon Blanc Top 10-kompetisie.
Dié kelder se Seasalter Sauvignon Blanc 2019 is een van agt 2019-wyne wat op die gala-aand in Kaapstad saam met twee van die 2018-oesjaar as die beste in die land aangewys is.
Hul Seasalter 2019, soos deur Groote Post beskryf, het ‘n kragvolle neus en smaak met kenmerkende tone van swartbessie, steenvrugte en groen appel, tesame met fynbos en kelp, ‘n seebriesie en ‘n tikkie eikehout.
Die wyn het, sonder om swaar te wees, sterk en blywende ryk kenmerke met ‘n tipiese Darling-mineraliteit en ‘n elegante, goed gebalanseerde kompleksiteit voor die subtiele soutagtige afwerking.
Die ander wat gisteraand bekroon is, in alfabetiese volgorde, is:
In alphabetical order, this year’s Top10 are:
Cederberg se Ghost Corner Sauvignon Blanc 2019
De Grendel se Koetshuis Sauvignon Blanc 2019
Diemersdal se Winter Ferment Sauvignon Blanc 2019
Du Toitskloof se Land’s End Sauvignon Blanc 2018
Lomond se Sauvignon Blanc 2019
Merwida se Sauvignon Blanc 2019
Spier se Ideology Sauvignon Blanc 2019
Stark-Condé se Round Mountain Sauvignon Blanc 2018 en
Tokara se Reserve Collection Elgin Sauvignon Blanc 2019