Olivier wen met afdruk

Op die Swartland Fotografieklub se maand vergadering vir Oktober het Theuns Olivier met die louere weggestap met sy afdruk “Lime Butterfly”.

Die junior wenner van die aand, Ohna Nel, het ook die hoogste punte aangeteken met haar foto “Snowdrop Ode to Spring”.

In die tema-afdeling Geveerde Vriende, het Adriaan Vlok die wenner, “Spreading wings”, ingeskryf.

Johan Viljoen se “Winter sunset” was die wenner in die senior afdeling.

Die klub het pas hul 7de SFK Salon aangebied en nie minder nie as 5625 foto’s in die agt kategorieë ontvang. Dit is 701 meer as verlede jaar en so 1500 meer as die gemiddelde van nasionale salonne.

Die Swartland Fotografieklub se volgende vergadering is op 14 November om 19:00 en die tema is Emosie.

Klubbyeenkomste vind in die keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord in Bergzichtstraat, Malmesbury plaas.

Belangstellendes kan die voorsitter, Herman Olivier, skakel by 082 696 3755.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!