Scarecrow Festival – Ons is Suid-Afrikaans!
Dit is weer tyd vir Darling se Scarecrow Festival van 22 November tot 1 Desember.
Tydens vanjaar se derde Scarecrow Festival sal die voëlverskrikkers weer waak oor die dorp se strate en feesgangers begroet.
Die tema van vanjaar se fees is: Ons is Suid-Afrikaans!
Inwoners maak voëlverskrikkers met die Suid-Afrikaanse tema.
Hulle registreer dan die voëlverskrikker. Neem ‘n foto daarvan en laai dit op die Darling Scarecrow Festival facebook-blad in die album: Album 2019.
Die voëlverskrikker se naam en tema en straatadres (geen persoonlike besonderhede nie) moet bygevoeg word. Sperdatums vir registrasie is 20 November om 18:00.
U kan op die blad stem vir u gunsteling-voëlverskrikker en die drie gewildste inskrywings (kombinasie van facebook-stemme en die jurie) sal pryse ontvang.
die eerste prys is R1000 kontant.
Daar is op 30 November ook weer ‘n veiling van verskeie lotte waaronder voëlverskrikkers en partytjie vir liefdadigheid by die The Old Forge 1910 in Langstraat.
Toegang beloop R20 en die opbrengs sal aan ‘n liefdadigheidsorganisasie in Darling gaan.
Skakel Darling Toerisme by 022 492 3361 vir meer inligting.